SAVF Herfsakker Ouetehuis

Welcome to SAVF Herfsakker Old Age Home

Herfsakker word beskou as ‘n modern, verswakte sorgsentrum wat die gemeenskap van die Mpumalanga-provinsie dien. Die ouetehuis beskik oor ‘n groot korps van aktiewe vrywilligers en die betrokkenheind van die plaaslike gemeenskap word toegejuig. Herfsakker is met die trofee as die mees uitstaande SAVF-outehuis in Mpumalanga toegeken vir 2006.

 

Die Geskiendenis van SAVF Herfsakker Ouetehuis

Me Cecillia van Wyk het die behoefte geïdentifiseer vir ‘n ouetehuis in die area en, met die hulp van haar man, die burgemeester op daardie tydstip, in 1979 die Herfsakker Ouetehuis gestig. Cecilia van Wyk, ‘n vrywilliger vir die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF), het dié organisasie betrokke gekry en daarin geslaag om fondse in te samel deur die steun te verkry van prominente sakelui asook die plaaslike munisipaliteit. Grond is verkry en die doel van die verskaffing van versorging, voeding en sosialisering van ouer persone is bereik.

Die Herfsakker Ouetehuis is ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie – ‘n geregistreerde nasionale welsynsorganisasie. Verder is die tehuis geregistreerd by die Mpumalanga Departement van Gesondheid en Maatskaplike Dienste as n verswakte sorgsentrum asook die Nasionale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling as ‘n nie-winsgewende organisasie.

Die SAVF is n gemeenskapsgedrewe projek en word bestuur deur vrywilligers en ‘n toegewyde span van werknemers. Die grondwet van die SAVF is onlangs gewysig om mans ook toe te laat as lede van die organisasie.

Ons Vissie:

SAVF is die draer van hoop vir mense met maatskaplike behoeftes.

 

Ons Missie:

Om as nasionale welsynorganisasie maatskaplike dienste aan die individue en gesinne binne die gemeenskap te lewer ten einde hul te bemagtig om n verskil in lewenskwaliteit teweeg te bring.

“Nobody grows old merely by living a number of years. We grow old by deserting our ideals. Years may wrinkle the skin, but to give up enthusiasm wrinkles the souls.” Samuel Ullman

SAVF Hersakker

013 741 1076
Contact US